Tjokkie Preprimer ITEC Gholfdag
Tjokkie Preprimer ITEC Gholfdag
Hierdie is een van die gewildste gholfdae in Bfn....
READ MORE 
Koot Niemann Primêr - Gholfdag
Koot Niemann Primêr - Gholfdag
Kontak asseblief vir Charné @ 072 839...
READ MORE 
ITEC open kantoor in Bethlehem
ITEC open kantoor in Bethlehem
ITEC sien nou ook om na kliënte se...
READ MORE 
BLOG
Cheetahs vs Brumbies 17 Mei 2014
15:14 (GMT+2), Wed , 14 May 2014
Blog  Die naweek is dit die Brumbies.Ons sien nogsteeds baie uit na elke wedstryd.. Ons is verseker baie teleurgesteld in hierdie jaar.Nie net met die resultate nie,maar by tye ook die manier hoe ons gespeel het,alhoewel 'commitment' nog nooit n probleem in die groep was nie.

Dit is wel n frustrerende seisoen,maar ons het nog baie om voor te speel. Ons speel nog vir mekaar,ons bestuur en unie,maar selfs belangriker,ons borge en ondersteuners. Dit is steeds ongelooflik om dieselfde gesigte by elke wedstryd te sien en te weet hulle staan agter ons in die goeie en slegte tye.. Dit is inspirerend. Ons het ook die beste borge wat ons voor kon vra met Toyota as hoofborg.

Dit is nou ons doel... Om hierdie mense wat in ons glo,by ons staan,en saam met ons groei,trots te maak..

Ek glo vas ons het nog genoeg tyd om te kan wys wat ons as groep en span kan doen,al is die geleentheid vir uitspeelrondtes al n rukkie buite die kwessie.